Bietjie Meer Van Jesus

Bietjie Meer Van Jesus

R 250

Bietjie Meer Van Jesus

Is die boek wat nader leun aan die vrou wat sterk lyk aan die buitekant, maar smag na sagtheid aan die binnekant.

Die vrou wat lei, liefhet, dra en bou… maar nogsteeds verlang om soos ’n dogter op te krul in die arms van haar Koning.

Dit is haar daaglikse fluistering.
Haar herinnering dat waarde nie verdien word nie, maar oor haar gespreek is.
Haar uitnodiging om weer asem te haal.
Haar plek om te breek sonder om te misluk.

Haar stil hoekie waar Jesus die morsige kant van haar, die oorweldigde kant, die “ek voel soms nog soos ’n klein dogtertjie” kant… versamel en vashou totdat die wêreld wegraak.

Dit is nie net nog ’n boek nie.
Dit is ’n sagte landing.
’n Daaglikse uitasem.
’n Liefdesbrief uit die Hemel, geskryf in die taal van vroue wat te veel dra en te min gesien voel.

Elke bladsy sê:
“Kom nader. Rus hier. Laat My lei. Alles wat na jou toe kom, moet eers deur My gaan.”

Vir die vrou wat regop staan in die openbaar, maar smag na heilige stilte, net jy en Hy.

Hierdie is jou daaglikse omhelsing van Jesus.

Jou delikate herinnering van wie jy is,
en die sagte aanmoediging dat jy nooit alleen loop nie.

Hierdie boek is Jesus se hart.
Saam gebind in papier en ink.
Met al jou gunsteling stukke daarin gevleg.
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.